Met die Boere in die Veld

Dierdie is 'n unieke verhaal uit die Tweede Vryheidsoorlog soos vertel deur 'n jong vrou wat met die uitbreek daarvan alleen op haar familie-plaas in die Vrystaat agtergebly het. Sy het gepoog om die oprukkende Britse magte te ontduik, maar is gevangene geneem en na 'n konsentrasiekamp gebring. Sy het ontsnap en haar by haar broers op kommando aangesluit, aangesien sy geen ander heenkome gehad het nie. Na 'n ruk is sy egter weer gevange geneem en na 'n tweede konsentrasiekamp gebring. Daar is sy so mishandel, dat sy by die dood omgedraai het. Sy is net voor die einde van die oorlog uiteindelik met haar ouers in 'n derde konsentrasiekamp herenig. Na die vredesluiting het hulle na hul verlate plaas, wat erg onder the verskroeide-aarde-belied van die Britse militêre deurgeloop het, teruggekeer.

ISBN 9780620254076



Pin It Fancy

Next

Previous