Wedervaringe van 'n Boeregesin

including VAT

Dit is ’n sensitiewe, getroue, amusante vertelling oor die unieke ervarings van ’n Vrystaatse boeregesin tydens die Anglo-Boereoorlog.

Van die skrywer se ma wat deur ’n Britse offisier vir ’n Engelse dame aangesien is, tot met sy eie gevangenisskap as dertienjarige by die Groenpuntse krygsgevangenekamp; van sy drie ouer broers se ervarings op kommando, tot by generaal De Wet se toespraak – in ’n stem “wat van emosie bewe” – aan sy manne nadat hulle die oorlog verloor het; van sy jonger broers se ervarings as die lieflinge van die soldate by ’n Britse militêre kamp waar hulle aangehou is, tot met die hele gesin se hoop en moed in die nadraai van die oorlog – hierdie boek is ’n ware genot om te lees. 



Pin It Fancy