Die Gees van die Berg

Posted on January 19, 2015 by Cape Rebel

deur Jan Smuts
[Uittreksel uit 'n toespraak wat deur Jan Smuts gemaak is toe hy in 1923 die Bergklub se Oorlogsgedenkteken op die kruin van Tafelberg onthul het]

In liefdevolle herinnering aan Jannie Graaff

 

Die Berg spreek nie alleenlik van ewige grootsheid nie. Vir ons het dit aansienlike historiese en geestelike betekenis. Dit staan soos ’n Leer van die Lewe. Nee, eintlik meer as dit, staan dit as die groot leer van die Siel en op ’n manier die bron van aanbidding. Vandaar het die Wet gekom, vandaar het die Bergpredikasie gekom. Ons kan werklik sê die hoogste godsdiens is die Godsdiens van die Berg.

Wat is daardie Godsdiens? Wanneer ons die kruin van die berg bereik, laat ons al die swaarhede daar onder, daardie dinge wat swaar weeg op liggaam en siel. Daarbo ervaar ons ’n nuwe vryheid, groot uitbundigheid, ’n verheerliking van die liggaam so groot soos ons verheerliking van die siel, omdat ons al ons gevoelens van donkerte en vermoeidheid ver onder gelaat het. Ons ervaar vreugde.

Die Godsdiens van die Berg is in werklikheid die godsdiens van vreugde, die siel se bevryding van die dinge wat dit afrem, wat dit vul met ’n gevoel van moegheid, verdriet en verlies.

Die godsdiens van vreugde erken die Vryheid van die siel, die noue verwantskap  tussen die siel en die groot skeppende gees, en die oorheersing hiervan oor rede. Net soos die liggaam die swaar gewig en donkerte van die see oorwin het, so moet die siel ook verlos word van alle sin van moegheid, swakheid en vermoeidheid wat onstaan uit die kommer en wroeging van ons daaglikse bestaan.

Ons moet bo dit alles verhewe voel, dat die siel vry is  en dat die vreugde van die lewe onstaan uit daardie Vryheid.

Posted in Afrikaans


Next

Previous